RoofXpert Logo
RoofXpert Logo
RoofXpert Cartoon
RoofXpert Cartoon

JOU DAK MOET 100+ JAAR KAN HOU

'n Goed geboude dak deur 'n betroubare bouer, wat ook goed onderhou word, kan meer as honderd jaar hou. Daar is 'n aantal dakke in ons dorp wat voor 1926 dateer, waarvan RoofXpert s'n een is. Selfs met vandag se dakmateriaal wat gebruik word, kan 'n mens verwag dat jou dak 'n rype ouderdom sal bereik, alles afhangende van die korrekte en gereelde onderhoud wat uitgevoer word. Die onoordeelkundige gebruik van seëlmiddels en rubber deur ongeskoolde kontrakteurs sal nie net jou dak se lewensduur verkort nie, maar sal die hoofrede wees vir permanente skade, lekke en duur vervangingswerk.

WATERLEKKE MOET GESEëL WORD,
MAAR NIE DAKTEëLS NIE

Wanneer daklekkasies nie reg herstel en geseël word nie, kom die probleem gewoonlik vinnig terug en dikwels met nog groter skade as voorheen. En het jy geweet, dakteëls behoort nooit geseël te word nie? Teëls moet kan asemhaal en natuurlik water dreineer. Wanneer hulle geseël word, kan vog vasgevang word en groter probleme later veroorsaak.

LIQUID RUBBERISING WERK NIE

Rubberising lyk dikwels soos ’n vinnige oplossing, maar in baie gevalle maak dit die probleem net moeiliker om later reg te maak. Wanneer rubber oor bestaande skade of lekkasies aangebring word, word water onder die oppervlak vasgevang, wat roes, vog en verdere skade veroorsaak. Met tyd begin die rubber kraak, loskom of water opdam. ’n Dak moet reg gemaak word, nie toegeplak word nie.

JOU DAK MOET GEWAS WORD

Skimmel, alge en mos groei maklik op dakke soos stof, vog en organiese materiaal opbou, veral in klam areas of waar daar baie skaduwee en bome is. Dit groei nie direk op die teëls nie, maar op die vuilheid wat met tyd op die dak ophoop. Dit word 'n broeiplek vir bakterieë, steek probleemareas op jou dak weg en bevorder roes. Buiten die skade wat dit veroorsaak, laat dit jou dak vuil en verwaarloos laat lyk. Ons kan dit professioneel behandel en verwyder om die dak se oorspronklike voorkoms te herstel en die skimmel, alge en mos te verwyder en hulle newe-effekte te verminder. Ongelukkig is daar geen permanente oplossing wat toekomstige groei heeltemal voorkom nie, en behandeling mag met tyd herhaal moet word - ons stel 3 keer per jaar voor. Ons beveel aan dat jy nie self die werk doen nie, aangesien nat teëldakke gevaarlikkan wees om op te loop
Water Tight Warranty
Water Tight Warranty

HOW MUCH REASSURANCE
DOES YOUR INSURANCE GIVE YOU?

Jou versekering kan jou eis afkeur.
Ons kan jou help vermy dat dit gebeur.
KYK HOE OM DIT TE VERMY
Rust Build Up
Roof Repair in Progress
Rubberisied Roof